zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
300
12 June 2026
Monitor: OUTA vra Eskom om deelnameproses te verleng oor Jhb-skuld
12 Junie 2026: OUTA vra Eskom om sy openbare deelnameproses te verleng, oor sy voorneme om kragtoevoer aan Johannesburg te onderbreek. Dringende ingryping word geëis om die land se staalbedryf te red. Moedelose inwoners van Atlantis wil voor die wonings van vermeende bendeleiers betoog om bendegeweld te stop.
46 min
11 June 2026
Monitor: Menseregtekommissie sê Makana-plaaslike owerheid in Makhanda moet ontbind
11 Junie 2026: Die Menseregtekommissie beveel aan dat die Makana-plaaslike owerheid in Makhanda ontbind, omdat hulle nie die behoeftes van die kiesers dien nie. Sowat 80% van selfdoodgevalle in Suid-Afrika is mans. Sommige lede van die parlement se Polisiekomitee sê daar is 'n toesmeerdery van die diefstal op president Cyril Ramaphosa se Phala-Phala-plaas.
50 min
10 June 2026
Monitor: ‘ANC-studiegroepe in die parlement is problematies’
10 Junie 2026: Die Staatsdienskommissie sê die ANC se studiegroepe in die parlement is problematies. Ons praat met werkgewers oor die regering se plan om maatskappye oor ongedokumenteerde buitelandse werkers vas te vat. Nuwe navorsing toon dat 77% van diabete ook aan angs en depressie ly.
49 min
09 June 2026
Monitor: Kommerwekkende vlakke van drankmisbruik onder meisies en jong vroue
9 Junie 2026: Politieke partye reageer uiteenlopend op president Cyril Ramaphosa se plan met ongedokumenteerde buitelanders. Die Maquassi Hills-munisipaliteit reageer op skerp vrae van die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys drankmisbruik neem toe onder meisies en jong vroue.
50 min
08 June 2026
Monitor: Ons ontleed die president se plan vir xenofobie
8 Junie 2026: Ons ontleed die president se plan oor die xenofobiese drukpot. Kommer oor die groot getal polisiewapens wat in misdadigers se hande beland. Fitch het Suid-Afrika opgradeer - 'n ekonoom verduidelik watter voordele dit vir die land inhou.
50 min
05 June 2026
Monitor: Inwoners langs Krommerivier moet ontruim
5 Junie 2026: Inwoners langs die Krommerivier in die Oos-Kaap versoek om dringend hulle huise te ontruim. ‘n Nie-regeringsorganisasie wil R279 miljoen se Suid-Afrikaanse wapenuitvoere na Amerika keer. ‘n Kenner waarsku teen 'n nuwe sosiale media-tendens wat gevaarlike gevolge kan inhou.
47 min
04 June 2026
Monitor: Uitleweringsprosedures begin vir Mosambieke verdagtes in die moord op egpaar in Krugerwildtuin
4 Junie 2026: Samewerking tussen Suid-Afrika en Mosambiek was die sleutel tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die moord op 'n egpaar in die Krugerwildtuin. Uitleweringsprosedures begin nou sodat hulle hier tereg kan staan. Johannesburg se finansies word as 'n 'gruwelvertoning' beskryf. Ons hoor wat die jongste in die Kougastreek is waar sekere inwoners gevra is om te ontrium weens...
47 min
03 June 2026
Monitor: Polisiekommisaris in Mosselbaai ná xenofobiese geweld
3 Junie 2026: Die waarnemende nasionale polisiekommisaris lê vanoggend besoek in Mosselbaai af ná die naweek se xenofobiese geweld. Gauteng se Departement van Maatskaplike Dienste gaan befondsing aan nie-regeringsorganisasies staak, wat buitelandse burgers as maatskaplike werkers in diens neem. Die Wes-Kaap maak gereed vir nog 'n rondte stormweer.
45 min
02 June 2026
Monitor: Nóg gure weer op pad
2 Junie 2026: Nóg gure weer op pad na die Oos- en Wes-Kaap. Die afleggingskomitee wat moet bepaal of president Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word, bereik 'n eerste mylpaal. Gemeenskappe word aangemoedig om die stilte oor kindermishandeling en -verwaarlosing te verbreek.
49 min
01 June 2026
Monitor: Politieke partye wil immigrasiestelsel hersien
1 Junie 2026: Politieke partye in die parlement sê Suid-Afrika se immigrasiestelsel moet hersien word. 'n Raad van Linksgesinde Bewegings is amptelik gestig. Kiesers in Ethiopië trek hulle kruises te midde van voortslepende konflik.
49 min